-02-02.png)
Laerskool Goudrand Primary

Sport
Kliek om by die sport uit te kom wat jy wil besigtig:
Atletiek :
-
Atletiek ​word aangebied vanaf O / 6 tot O / 13. Die atletiekseisoen vind plaas in die eerste kwartaal van die jaar.
-
O / 6 tot O / 8 leerders kan aan die 60m en 80m deelneem.
-
O / 9 tot O / 13 leerders kan aan die 60m, 80m, 100m en 120m deelneem.
-
Ouderdomme van O / 7 tot O / 13 leerders kan aan naellope deelneem. Velditems soos hoogspring, verspring, gewigstoot is vir die O / 10 tot O / 13 beskikbaar.
-
Atlete kry die geleentheid om deel te neem op streek- en provinsiale vlak.
Hokkie:
Laerskool Goudrand bied hokkie aan vir dogters O / 7 tot O / 13. Oefening begin in die derde kwartaal. Ligawedstryde word deur die loop van die kwartaal gespeel
Mini-hokkie:
Mini-hokkie word aangebied om vir die spelers vaardighede aan te leer en om 'n liefde vir die sport aan te moedig. Mini-hokkie spelers neem aan verskeie toernooie deel
![]() | ![]() |
---|---|
![]() |
Netbal:
Goudrand word aangebied vir O / 6 tot O / 13-spelers tydens die tweede kwartaal van die jaar.
Mini-netbal:
Die O / 6 tot O / 8-dogters speel mini-netbal.
Die O / 9-dogters neem jaarliks aan vriendskaplike toernooie deel. Die verskeie posisies word op 'n rotasie basis toegepas en vaardighede word tydens hierdie wedstryde aangeleer.
Senior-netbal:
Die onderskeie netbalspanne word ook jaarliks uitgenooi na verskeie toernooie en spelers kry die geleentheid om teen ander skole deel te neem.
​
By Laerskool Goudrand kry elke dogter die geleentheid om hul potensiaal op die netbalbaan uit te leef
Rugby:
Laerskool Goudrand bied rugby aan vanaf O / 6 tot O / 13 tydens die tweede kwartaal van die jaar.
​
In 2022 het ons 4 spanne uit 5 wat deelneem an die semi-finale van die valke uitspele
Die Valkies (O / 6) is nie kompeterend nie en fokus op die ontwikkeling van die sport en om soveel moontlik kinders 'n kans te gee om deel te neem