Laerskool Goudrand Primary
Graad 1 tot 3
Huiswerk:
​
-
Huiswerk moet van Maandae tot Donderdae voltooi word.
-
Indien daar ’n probleem was en die leerder nie sy/haar huiswerk kon voltooi nie, kommunikeer dit asb op skrif in die kommunikasieboekie aan die klasonderwyseres.
-
Vrydae word die huiswerkboek ingeneem sodat opvoeder die boek kan merk.
Lees:
​
-
Leerder moet die boek by die huis vir ouer/ voog lees voordat leerder die boek vir die opvoeder lees. Die leerder kan elke Vrydag vir die opvoeder uit hul boek lees wat hul van die huis af bring. Die opvoeder sal ‘n leesmuur dokument uithandig aan elke leerder. Wanneer ‘n leerder 20 boeke op hul leesmuur bereik, sal hulle 'n sertifikaart daarvoor kry
​
Skryfbehoeftes
​​
-
Merk alle skryfbehoeftes duidelik.
-
Indien ’n leerder se skryfbehoeftes opgebruik is voor die einde van die kwartaal, sal u gevra word om nuwes aan te koop. Leerders mag nie in die COVID tydperk enigsin skryfbehoeftes uit leen nie.
​
Geld
​​
-
Alle gelde wat skool toe gestuur word moet in ’n toegeplakte koevert met die leerder se naam, graad, waarvoor die geld is en die bedrag, gemerk word.
​
Afwesighede:
​
-
Indien ’n leerder vir ’n dag afwesig was, moet die ouer/voog die klasonderwyseres skriftelik of die kommunikasieboekie, inlig wat die rede vir afwesigheid was.
-
Indien ’n leerder meer as twee dae afwesig was, moet ’n doktersbrief / brief van die kliniek by die klasonderwyseres ingehandig word op die eerste dag wat die leerder weer terug is by die skool.
Kospakkies
​
-
Gesonde en voedsame kos en water moet vir u kind ingepak word. Asseblief GEEN lekkers of gaskoeldrank nie.
​
Buitemuurse aktiwiteite
​
-
Moedig u kind aan om aan buitemuurse aktiwiteite deel te neem. Dit is noodskaalik dat u kind se passie ontwikkel word vir die sport en dat hul talente kan ontwikkel op die veld.
Kleredrag
​
-
Maak seker dat u kind elke dag die korrekte- en skoon skooldrag dra. U kind gaan 'n waarskuwing gegee word as hul nie die regte skooldrag dra nie.
-
Alle klere moet DUIDELIK gemerk word met die leerder se naam en van, nie net 'n afkorting bv. AB nie. Dit is uiters belangrik.
-
Dit is nie personeel se verantwoordelikheid as u kind sy klere verloor nie.
​
Verjaarsdae
​
-
Indien u iets skool toe wil stuur, sal verjaarsdagpakkies of kolwyntjies raadsaam wees. Geen RONDE koeke nie dit is uiters mooilik om te sny.
-
Reël vooraf met die klasjuffrou op watter dag u kind sy verjaardag gaan vier.
Assesseringskaal
​
-
Die 7-vlak skaal word gebruik.