Laerskool Goudrand Primary
Graad R
Goue welpies pre-primer
Goue Welpies (Goudrand) het hul eie Graad R kampus wat iets besonders is.
Die terrein behels al die fasiliteite wat u kind benodig en nog meer. Goue welpies se klaskamers en speel area is modern en opgeknap tot hoogste standaarde. Die opvoerders wat aangestel is by Goue welpies is by SACE geregistreer. Die opvoeders is passievol oor elke leerder in hulle klas en streef daarna dat elke kind hul volle potensiaal bereik. Ons strewe om bekostigbare kwaliteit onderwys te verskaf aan ons gemeenskap. Ons is in die posisie om puik opgeleide onderwysers te hê wat werklik omgee vir elke welpie wat by ons skool kom. Ons kan die onderwys en ongelooflike speelplek aanbied teen 'n prys wat bilik is.
Adres:
Charl Cilliers St, Boksburg North, 1461
Skoolure:
06:30 - 13:00
Kostes:
R700 p.m
"Daar is 'n naskool beskikbaar van 13:00 - 17:30 die kostes beloop R800 p.m vir die naskool"
Graad R aansoekvorms:
Die Goue welpies verkies dat die aansoekvorms persoonlik afgehaal word, sodat voog/ ouers persoonlik verwelkom word. Die aansoekvorm sluit relevante informasie in.
Klere:
-
R500 inskrywings geld word gevra. Die R500 sluit 2 hempies in wat die leerders sal dra!
-
Merk alle klere.
-
Leerder moet gemaklike klere aantrek. Graad R leerders mag gewone klere dra.
-
'n Ekstra stel klere moet daagliks ingepak word.
Naskool:
-
Elke dag van Maandag tot Vrydag.
Verjaarsdae:
-
Ouers kan kolwyntjies (cupcakes) en partypakkette stuur. GEEN RONDE KOEKE NIE ASB. Reghoekige koeke en vierkantige koeke is makliker om te verdeel.
Buitemuurse aktiwiteite:
-
Skoolaktiwiteite: Centre stage en Rugga kids
.
Temaweek-brief:
-
Word kwartaalliks uitgestuur.
Kommunikasieboekies:
-
Kommunikasie boekies word gebruik om met ouers/voogde te kommunikeer.
-
Moet elke dag deur ouer/voogde nagegaan en geteken word.
Speelgoed:
-
GEEN speelgoed word toegelaat nie, behalwe as daar toestemming gegee is.
Huiswerk:
-
Ouer/ voog moet nuusbrief of die webblad dophou rakende huiswerk.