top of page

Seuns Skoolklere

  • Die seuns se skoolklere is 'n ligblou hemp wat gekoop kan word by Peephole of Pep. Die hemp kom in kortmoue en langmoue.​

  • Die broeke is grys kort of langbroeke saam met grys kouse.​

  • 'n Gewone swart trui wat gekoop kan word by Pep kan saam die hemp gedra word. Die amptelike trui is swart met ligblou strepe en dit kan gekoop word by Peephole in Boksburg.​

  • Die skool se das kan ook slegs net by Peephole gekoop word - dit is swart met ligblou strepe.​

  • Die skool se Blazer baadjie is swart met ligblou strepe en kan slegs gekoop word by Peephole

 

 

Seuns:

20201006_105227%5B1%5D_edited.jpg
20201006_102552%5B1%5D_edited.jpg
20201006_113630%5B1%5D_edited.jpg

 

 

Skooldrag

Dogters Skoolklere

  • Die dogters se skooldrag is 'n ligblou hemp wat in kortmoue of langmoue gedra kan word.​

  • Bo-oor die hemp dra hulle 'n swart pinafore rokkie.​

  • Die dogters dra gewone swart kouse​

  • As dit koud raak kan die dogters gewone swart sykouse aantrek.​

  • Die dogters kan ook die gewone swart trui koop by pep. Die amptelikke skool trui is 'n gewone swart trui met ligblou strepe en dit is te koop by Peephole in Boksburg asook die skool se das.​

  • Die skool se blazer is slegs te koop by Peephole.

  • Die dogters kan die ligblou hemp saam 'n lang grys broek dra as dit koud is.

20201006_103302%5B1%5D_edited.jpg

 

 

Dogters:

20201006_101644%5B1%5D_edited.jpg

Skoolklere verandering:

  • Die skooldrag gaan met tyd ingefasseer maar ons dwing niemand om dit nou te aan TE koop nie.

  • As die kind se klere te klein is of dit tyd is om nuwes te koop, kan U die nuwe klere dan aankoop.

  • Ons wil graag hê die nuwe klere moet van 2020 vir alle Gr 1's ingestel wees en vir die res van die skool soos benodig, maar ons gee tyd en sal verstaan as u dit nog nie kan koop nie.

  • Die kinders mag die nuwe skooldrag begin dra as dit somersdrag tyd is of as u klere moet aankoop. ( van Maandag die 16de September mag hulle nou die nuwe skooldrag dra as hulle wil).

  • Die klere is meestal alles beskikbaar by Pep of Ackermans. Peephole sal die amptelike klere verskaf. Wat ons bedoel met amptelik is: die trui by Peephole gaan ligblou strepe hê en die een by Pep is net swart. Ons gaan wel nooit die kind aanvat omdat hy die gewone swart trui dra nie omdat dit baie goedkoper is en ons verstaan die ekonomie druk ons almal. Die doel van die klere verandering is bloot omdat ons huidige klere baie duur is en net by Peephole te koop is. Ons soek eenvormigheid met ons skoolklere. Ons gee u dus nou die geleentheid om op 'n goedkoop wyse skoolklere te bekom.

  • Hier is foto's van hoe die klere lyk wat u by Pep of Ackermans kan aankoop. Peephole is besig om die klere te vervaardig en ons sal vir u presies sê wanneer dit daar beskikbaar is.

  • Die meisies mag in die sommer kortmou hemde dra. Die foto is maar net toevallig met 'n langmou hemp geneem.

  • Die baadjies verander na swart met ligblou strepe. Dit en die das sal slegs by Peephole beskikbaar wees.

  • Sportsdrag wat Dinsdae en Donderdae gedra is, word heeltemal VERBIED. dit mag nie meer gedra word in skooltyd nie. TEKKIES IS UIT.

  • Die huidige baadjies met balkies kan nog gedra word tot u instaat is om die nuwe een te kan koop.

  • Ons het die besluite geneem saam met die ouers op 'n vergadering wat gehou is op die 21ste Augustus 2019 en die beheerliggaam het dit goedgekeur.

  • Ons bedank al die ouers wat daar was en ons vra asseblief u samewerking sodat ons ons skool na nuwe hoogtes kan vat

  • Goudrand Groete.

bottom of page